Pas jy die F-woord toe?

Die F-woord is een van die belangrikstes in die entrepreneur se woordeskat.

Fokus is immers ’n sleutel tot sukses. Te veel ysters in die vuur en te veel bedrywighede en afleidings kan die belowendste klein onderneming beskadig.

Siphokazi Mtimkulu, medestigter van Cassidy Solutions, erken dat hulle dié les op die moeilike manier geleer het.

Cassidy Solutions is ’n IKT- en veiligheidstelselmaatskappy wat in elektriese installasies, toegangsbeheer en sekuriteitstelsels en die onderhoud daarvan spesialiseer. Dis ’n familieonderneming wat deur Mtimkulu (met eienaarskap van 75%) en Bonginkosi Mtimkulu, haar man (met 20%), besit word. Dumisani Mnguni, hul sakevennoot, besit die res.

Die maatskappy is in 2005 gestig – met ’n uiters ambisieuse benadering.

“Ons het muurbedekking, plafonne, elektriese verbindings begin doen… byna alles wat in die konstruksiebedryf gedoen word.”

Sy erken dat die muurbedekkingsonderneming nie juis goed gevaar het nie, deels weens onvoldoende marknavorsing wat die egpaar voor die stigting daarvan gedoen het.

“Die navorsing moes intensiewer gewees het, en as professionele mense kon ons beter gevaar het. Ek dink dit was basies ’n les wat ons geleer het.”

Mtimkulu sê die ervaring het hulle geleer om nie alles te probeer doen nie, want hulle sal nie alles kan bemeester nie. Gevolglik het hulle besluit om op die terreine te konsentreer waarop hulle die vaardigste is.

“Later (in 2007) het ons besluit om in elektriese verbindings en onderhoud, toegangsbeheer en sekuriteitstelsels te spesialiseer,” sê sy.

Elektriese verbindings en sekuriteitstelsels benut die egpaar se ervaring. Bonginkosi het ’n BSc (Hons) in telekommunikasie en ook bestuurservaring by groot maatskappye, soos Ericsson SA, terwyl haar man ’n MSc in elektronika het en baie ervaring van die bou van GSM-netwerke in SA en Nigerië opgedoen het toe hy vir MTN gewerk het.

Die egpaar vul mekaar aan. Mtimkulu sê: “Waar ek swak is, is hy sterk; waar hy swak is, is ek sterk. Byvoorbeeld, hy is ’n ingenieur; ek doen administrasie. As ek op my vaardigheid konsentreer en hy konsentreer op syne, word dit makliker om sukses te behaal.”

Hulle leer steeds lesse. Een probleem is dié van die bestuur van kontantvloei, veral omdat die meeste van die maatskappy se klante staatsinstellings is wat daaroor berug is dat hulle hul verskaffers laat betaal.

Cassidy Solutions is inderdaad nog ’n jongeling in die bedryf waarin hy werk. Hy het egter ’n blink toekoms, sê Mtimkulu. Hulle het al met sommige van die groot konstruksiegroepe, soos Group Five, saamgewerk, en het ook werk vir die ANC se provinsiale hoofkantoor in die Johannesburgse sakekern gedoen. Terwyl 60% van Cassidy Solutions se sake uit elektriese verbindings en onderhoud kom, sê Mtimkulu dat toegangsbeheer en sekuriteitstelsels die belowendste groeiterrein is, veral in die openbare sektor, waar die installering van sekuriteit- en toegangsbeheerstelsels in staatsgeboue nodig is.

“Elke gebou – of dit nou reeds bestaan of nuut is – is vir ons ’n geleentheid. Hulle benodig elektriese onderhoud, en mens het deesdae kameras en toegangsbeheer nodig, selfs in groepshuise,” sê hy.

Is SA bevorderlik vir entrepreneurskap?

Bonginkosi se antwoord is ’n ja en ’n nee. “Die regering sê vir ons hy gaan ons ondersteun, maar baie burokratiese rompslomp kom voor, en mens sukkel om die staat se mense in die hande te kry wat veronderstel is om vir jou die hulp te gee wat jy nodig het.”

 

Andile Makholwa

andilem@finweek.co.za

@AMakholwa

Speak Your Mind

*