5 wenke om in kuns te belê

Finweek het met Stefan Hundt, ’n kunsraadgewer by Sanlam Private Investments (SPI) en kurator van die gesogte Sanlam kunsversameling gesels oor kunsbeleggings. Hundt het die volgende raad aan voornemende beleggers:

Hoeveel?

Volgens Hundt het ’n mens om mee te begin tussen R50 000 en R100 000 nodig vir ‘n goeie kunswerk.

Eietydse kuns

Hundt waarsku dat eietydse kunstenaars minstens tien jaar in die kunsbedryf moet wees, gereeld moet uitstal, deur hul eweknieë as goeie kunstenaars beskou moet word, gereeld aan oorsese uitstallings moet deelneem en reeds ’n kunswerk of twee in ’n museum moet hê voor die belegging die moeite werd is.

Plaaslike groot kokkedore

Irma Stern, Pierneef, Maggie Laubser en “groot name wat almal moet ken” is die belegging werd.

Irma Stern

Volgend Hundt is Irma Stern se kunswerke ‘n goeie belegging

Waar om te koop

Volgens Hundt bied veilings die ideale geleentheid om kunswerke aan te skaf, maar hy waarsku dat ’n mens baie navorsing moet doen om te verseker dat jy oorspronklike kunswerke koop.

Wil jy meer weet?

Stefan Hundt is ’n raadgewer wat spesialiseer in kunsbeleggings by Sanlam Private Investments. Kontak hom by 021-947-3359.

Lees die vol artikel in digitale formaat hier.

Teken hier in op die Finweek Life nuusbrief.*

*Neem asseblief kennis dat dié nuusbrief slegs in Engels verskyn.

Speak Your Mind

*