Skarefinansiering

Laat ek dit nou reg verstaan. As ek deur ’n webwerf vir skarefinansiering R25 000 vir noodsaaklike aanvangskapitaal in jou sjokolade-onderneming belê en ’n enorme risiko loop sonder dat ek jou eens ontmoet het, sal jy my beloon met ’n jaarvoorraad van jou produk?
Dit klink nie vir my as belegger na ’n wafferse plan nie, maar elke liewe dag word projekte soos dié op webwerwe vir skarefinansiering (“crowdfunding”) gelaai, sowel plaaslik as in die buiteland. Daarby blyk beleggers bereid te wees om ’n sprong in die duister te waag deur entrepreneurs te steun wat hul projekte aan die heelal bekend stel.
Dit is eintlik maar ’n “stokvel” met ’n tegnologiese kinkel en in ’n beleggingsklimaat waarin tradisionele leners buite die kwessie is, kan dié soort finansiering die antwoord vir Suid-Afrika se kleinsakeondernemings én maatskaplike projekte wees.

 

Kliek hier om die vol storie te lees.

Speak Your Mind

*